‘n legende het gekom
om met ‘n swaai van haar albasterswaard
sy dood van sy lewe te red
vir oulaas voel hy die stil sterfte
en onthou die krisante uit haar mond
wat sy doofheid ontbeen het
sodat hy kon hoor
hoe die boskorhaan fluit-fluit die middag
met heuningkoek en vlamdoring opsê
die nag se kettings is koel:
die roomwit van haar lyf is
vir ewig
begrawe