drenkeling

 

by die onbekendheid van
hierdie verspotte vlinderslag
mis ek die lomp mistas
van vroeëre vingers

vir ‘n oomblik sien ek
lig deur my vel skyn
voor ek dieper afduik en
verdwyn