is jy so vertroud met woorde en beelde uit die oog van ‘n stomp potlood dat jy jouself in my lyne sal eien soos ek hier probeer om die lood mooitjies uit te spoeg in die taal van ‘n verbeelde digter; die konsekwente belydenis van ‘n verble askeet strydend tussen ink en uitveër?