brandwag

ek dig al so lank aan jou
dat dit tyd geword het het om jou te bêre:
in eikeblaar en stinkhoutbas toe te draai,
tussen duingras en rooigras neer te lê,
onder varkoor en veldblom te begrawe,
sodat ek kan weet dat jy vir altyd
van noord na suid en terug
waghou
oor al my tweespoorpaadjies