woordpad

 

daar is ‘n geniepsigheid tussen die blaaie
waar ek wil of nie moet staan nie
tussen woorde
wat het jy gesê is woorde?
hulle is net letters
‘n baan ‘n pad ‘n reis
van a na been
my naam is nie ‘n reis
van a na is of een nie

die pad haal asem
diep teue onder my gewrigte
ek vang die teue en hok hulle

om vorm te memoriseer is om te vlug
binne toe
die reis het tog ‘n einde of ‘n punt
die pad is glas en silwer wit en grys
want niks is ooit swart op wit nie