Om ‘n Neurodiverse Kind Groot Te Maak

Dis oorweldigend om uit te vind jou kind is neuro-divers. Neurodiversiteit is ‘n omvattende term, maar in kort is dit bloot die erkenning dat geen twee mense se brein op dieselfde manier werk nie, en dat elke manier van dink en doen net so waardevol en belangrik soos die volgende is.