besef

besef   oombliklike besef verstrak die droomooglopende verbastering van visioen en vreesverstrik vertak en weerlê die tasbaarheidtot ‘n blote begeerte naongeskondenheid

manuskrip

manuskrip   is jy so vertroud met woorde en beeldeuit die oog van ‘n stomp potlooddat jy jouself in my lyne sal eiensoos ek hier probeer omdie lood mooitjies uit te spoegin die taal van ‘n verbeelde digter;die konsekwente belydenisvan ‘n verble askeetstrydendtussen ink en uitveër?  

drenkeling

drenkeling   by die onbekendheid vanhierdie verspotte vlinderslagmis ek die lomp mistasvan vroeëre vingers vir ‘n oomblik sien eklig deur my vel skynvoor ek dieper afduik enverdwyn

eklips

eklips   die eklips van een liggaam deur ‘n anderherinner sterk aan die spel van jou woorde tussen myne(daardie dag van totale verduistering)en die verbysterende futiliteit van misvormde oorgaweteen die hange van ‘n vreeslose verhaal

kampwaarts

kampwaarts   met die laaste sug van ‘n bosduif staan die nag in my open moet ek weereens kampwaarts keerom die witstinkhout se droë loteuit my lyf te looi