manuskrip
manuskrip is jy so vertroud met woorde en beeldeuit die oog van ‘n stomp potlooddat jy jouself in my lyne sal eiensoos ek hier probeer omdie lood mooitjies uit te spoegin die taal van ‘n verbeelde digter;die konsekwente belydenisvan ‘n verble askeetstrydendtussen ink en uitveër?
drenkeling
drenkeling by die onbekendheid vanhierdie verspotte vlinderslagmis ek die lomp mistasvan vroeëre vingers vir ‘n oomblik sien eklig deur my vel skynvoor ek dieper afduik enverdwyn
eklips
eklips die eklips van een liggaam deur ‘n anderherinner sterk aan die spel van jou woorde tussen myne(daardie dag van totale verduistering)en die verbysterende futiliteit van misvormde oorgaweteen die hange van ‘n vreeslose verhaal
kampwaarts
kampwaarts met die laaste sug van ‘n bosduif staan die nag in my open moet ek weereens kampwaarts keerom die witstinkhout se droë loteuit my lyf te looi
Om Die Verlede Te Ontrafel

Om die verlede te ontrafel Om die verlede te ontrafel is om aan te hou leef. Jy het dit ook al beleef: ‘n boks vervaagde familiefoto’s, meubels wat van geslag tot geslag aangegee word, jou oumagrootjie se trouring. Sommiges sal lag of neusoptrek oor die reuk van die ou linnekas, maar vir jou is […]