woordpad

woordpad   daar is ‘n geniepsigheid tussen die blaaiewaar ek wil of nie moet staan nietussen woordewat het jy gesê is woorde?hulle is net letters‘n baan ‘n pad ‘n reis van a na beenmy naam is nie ‘n reis van a na is of een nie die pad haal asem diep teue onder my gewrigte […]

vreemdeling

Vreemdeling   Te lank al talm dit in my warm aarde,die toontrap duidelik in die vorm van ‘n naamwoord.Voor jou naam ‘n woord geword hetwas dit eie aan ‘n ander aarde –joune en nie myne nie, maarHy het beplan dat jy sou wegbreeken oor reekse berge my binneland in;Crux lê laag in die donker blinding […]

brandwag

brandwag ek dig al so lank aan joudat dit tyd geword het het om jou te bêre:in eikeblaar en stinkhoutbas toe te draai,tussen duingras en rooigras neer te lê,onder varkoor en veldblom te begrawe,sodat ek kan weet dat jy vir altydvan noord na suid en terug waghouoor al my tweespoorpaadjies

besef

besef   oombliklike besef verstrak die droomooglopende verbastering van visioen en vreesverstrik vertak en weerlê die tasbaarheidtot ‘n blote begeerte naongeskondenheid

manuskrip

manuskrip   is jy so vertroud met woorde en beeldeuit die oog van ‘n stomp potlooddat jy jouself in my lyne sal eiensoos ek hier probeer omdie lood mooitjies uit te spoegin die taal van ‘n verbeelde digter;die konsekwente belydenisvan ‘n verble askeetstrydendtussen ink en uitveër?